Wie is ons? Boere of Afrikaners? – Antwoord van Dr Mike Du Toit


Jan‘s Advertisement
HORRIFIC STATISTICS: The Horror of Black Communist Rule in S. Africa since 1994
This is doing the rounds on a big scale here in South Africa among Whites. This will give you an idea of the horror of Black rule.


[Ek het iemand gehad wat aan my geskryf het oor die onderwerp van Boere teenoor Afrikaners. Jy kan die oorspronklike artikel in Engels hier lees: https://africancrisis.info/index.php/s-africa-are-we-boers-or-afrikaners-is-afrikaner-a-jewish-invention/ – Ek het besluit om Dr. Mike Du Toit te nader, wat die leier van die Boeremag was en 'n professionele akademikus is wat baie goed ingelig is oor ons geskiedenis, om hierdie vraag te beantwoord. Dr. Du Toit weet nie net van ons geskiedenis in Suid-Afrika nie, maar ook van ons geskiedenis in Europa. Hier is sy antwoord. Jan]

Hallo Jan,

Daar is basies 3 kwessies hier:

1 Is die Afrikaner en Boer aparte volke. Die antwoord is NEE.
2 Is daar aparte Afrikaanse en Boer tale. Die antwoord is NEE. Hier sal die oorsprong van ons taal bespreek word.
3 Die oorsprong van wit mense in die algemeen. Ons is nie Israeliete nie.

Ek het nog nooit in my lewe so ‘n hoop nonsens in een brief gelees nie. Om die waarheid te probeer verduidelik, gaan ‘n lang tyd neem. Wat ek eerder sal doen, is jou drie artikels stuur wat ek geskryf het oor die 3 kwessies hierbo aangedui.

Met betrekking tot die eerste kwessie:

Wie is ons, Afrikaners of Boere?

Vir sommige mense is dit deesdae oënskynlik belangrik om te probeer bewys dat die Afrikaanssprekende Blanke bevolking van Suid-Afrika in werklikheid uit twee volkere, naamlik Afrikaners en Boere, bestaan. Vanuit ‘n volkekundige oogpunt is dit natuurlik heeltemal onwaar en in die huidige politieke tydstip van ons volk se geskiedenis totaal onvanpas.

Definisie van ‘n volk

Alvorens die aangeleentheid van naderby bekyk word, moet ons eers probeer bepaal wat ‘n volk is.

‘n Volk is ‘n groep mense wat van ander groepe mense onderskeibaar is op grond van gemeenskaplike faktore soos ras-identiteit, bloedverwantskap, taal, kultuur en geskiedenis.

Daar is ‘n groot verskil tussen die begrippe volk en nasie. ‘n Nasie is ‘n groep mense wat binne die grondgebied van ‘n bepaalde staat woonagtig is en dus onderworpe is aan die gesag van die betrokke regering. Daar is dus nie noodwendig gemeenskaplikheid van ras, taal, kultuur en geskiedenis nie. Daar is dus ‘n Suid-Afrikaanse nasie, maar nie ‘n Suid-Afrikaanse volk nie.

Daarteenoor is die Duitse volk nie in ‘n enkele staat saamgebind nie, hulle woon in meer as een staat, naamlik Duitsland, Oostenryk en Switserland. Verder woon daar ook groot Duitse gemeenskappe in byna alle aangrensende Europese lande tot so vêr oos as Rusland en in ander wêrelddele soos Namibië en Argentinië.

‘n Mens verloor nie sy volksidentiteit wanneer hy na ‘n ander land migreer nie. Gewoonlik behou so ‘n persoon sy identiteit en soos wat sy kinders en kleinkinders algaande by die nuwe gemeenskap inskakel, verloor hulle geleidelik hul oorspronklike identiteit en word mettertyd deel van die nuwe gemeenskap.

‘n Volk is dus ‘n objektiewe gegewe. ‘n Portugees kan nie ‘n Duitser wees nie, net so min as wat ‘n Duitser ‘n Portugees kan wees. Wat wel kan gebeur, is dat ‘n Duitser na Portugal kan migreer en sy kinders en kleinkinders kan geleidelik in die Portugese volk opgeneem word, mits hulle assimileerbaar is. ‘n Nederlander of Duitser kan na Suid-Afrika migreer en sy nageslag kan geleidelik deur assimilasie in ons volk opgeneem word. ‘n Zoeloe se kinders en kleinkinders kan egter nie in ons volk opgeneem word nie, omdat hulle vanweë hul ras-identiteit nie assimileerbaar is nie.

Afrikaner of Boer

Die historikus, Herman Giliomee, wys daarop dat sedert die begin van die 18de eeu ons na onsself as Afrikaners of Boere verwys het. Die twee terme is daarna dwarsdeur ons geskiedenis as wisselvorme gebruik. Ten tye van die bestaan van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat (OVS) is die twee terme steeds op dieselfde wyse as wisselterme gebruik. Geen persoon het nog ooit getwyfel wat Afrikaner of Boer beteken nie.

Skielik is daar egter nou mense wat van mening is dat “Afrikaner” en “Boer” nie slegs verskillende terme is nie, maar in werklikheid verskillende volkere beteken. Daar word beweer dat die “Boere” die konserwatiewe Blankes is wat in die noordelike provinsies gebore is en daar woon. Slegs hulle het glo ‘n vryheidstrewe en vertoon nie eienskappe van verraad nie. Daarteenoor word gestel dat die “Afrikaners” die liberale Blankes is wat in die suidelike provinsies gebore is en daar woon, nie belangstel in vryheid vir ons volk nie en tot verraad geneigd is. Daar word soms so vêr gegaan as om te sê die term “Afrikaners” is die naam van ‘n beesras.

In terme van die definisie van ‘n volk kan daar nie twee volkere van dieselfde ras, taal, kultuur en geskiedenis in dieselfde land bestaan nie. Die genealogie bewys in elk geval baie duidelik dat elke enkele Afrikaanssprekende Blanke ‘n noue bloedverwant is van elke ander Afrikaanssprekende Blanke in hierdie land, tot so ‘n mate dat ons volk niks anders is as ‘n uitgebreide familie nie. Ons voorsate was terdeë bewus hiervan; by die ontmoeting van ‘n vreemde het die handdruk gepaard gegaan met: “Dagsê neef / niggie, hoe voer jy die van?” Familiebande is dus vermoed en gewoonlik dan ook baie vinnig uitgelê.

Verskille tussen noordelike en suidelike Afrikaners

Natuurlik was daar in die geskiedenis verskille tussen die noordelike en suidelike gemeenskappe van ons volk. So byvoorbeeld was die “Boere” van die ZAR sedert die laat 1870’s in ‘n ernstige konflik met Engeland betrokke wat uiteindelik in die militêre stryd van die Eerste Vryheidsoorlog (1880 – 1881) oorgegaan het. Gedurende dieselfde tyd het die “Afrikaners” in die Kaap ‘n taalstryd onder leiding van “Die Genootskap van Regte Afrikaners” aangepak.

Die feit dat daar verskille in die geskiedenis van die Kaapse en Transvaalse gemeenskappe van ons volk voorkom, is egter geen bewys dat daar twee verskillende volkere bestaan nie. Gedurende die tydperk van die unifikasie van Duitsland, onder leiding van Otto von Bismarck in die 19de eeu, was daar ook ‘n verskil in die geskiedenis van die Suid-Duitsers en die Noord-Duitsers. In die tydperk voor die Frans-Pruisiese Oorlog van 1870 – 1871 het die Suid-Duitsers hulle aan die kant van die Franse teen die Noord-Duitsers geskaar en wou hulle nie saam met die Noord-Duitsers staan ten einde Duitsland te verenig nie, omdat hulle die Katolieke godsdiens met die Franse gedeel het. Dit beteken egter nie dat die Suid-Duitsers Franse was en nie meer Duitsers nie.

Daar is dan ook baie voorbeelde van hierdie tipe verskille in die geskiedenis van byna elke volk op aarde.

Kaapse leiers van ons volk

Ten opsigte van die argument dat die “Boere” en “Afrikaners” in die noordelike en suidelike provinsies respektiewelik gebore is en woon, kan die volgende teenargument gevoer word. Indien dit onbetwisbaar so is dat mense wat in die Kaap gebore is nie lede van ons volk is nie, dan is die grootste leier wat ons volk nog ooit opgelewer het, genl. J. B. M. Hertzog, sekerlik nie ‘n lid van ons volk nie – dieselfde geld vir dr. D. F. Malan, adv. J. G. Strijdom, mnr. Jaap Marais, dr. Andries Treurnicht en mnr. Eugene Terre’Blanche.

Die ergste van alles is dat Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en selfs Paul Kruger nie “Boere” was nie, maar “Afrikaners” aangesien hulle almal van die Kaap afkomstig was.

In terme van die argument is ons almal in elk geval Afrikaners, want ons almal se voorouers is van die Kaap afkomstig!!!

Voortrekkers en Trekboere

Soms word ‘n variasie op bogenoemde argument gevoer, naamlik dat diegene wat om bepaalde redes aan die Groot Trek deelgeneem het “Boere” is en diegene wat om bepaalde redes in die Kaap agtergebly het “Afrikaners” is. Indien dié argument waar is, is die held van Bloedrivier, Andries Pretorius, weereens nie werklik ‘n “Boer” nie, maar ‘n “Afrikaner,” aangesien hy nie in 1836 saam met die res van die Trekkers getrek het nie. Boonop het hy na die Britse anneksasie van Natalia in 1842 heel gerieflik onder Britse bewind gebly en nie die gebied dadelik saam met die tweede Trek verlaat nie – hy was ‘n agternatrekker.

Verder was daar baie Trekboere wat nie om politieke redes uit die Kaapkolonie getrek het nie, maar om suiwer ekonomiese redes, soos dat hulle beter weiding vir hulle beeste gesoek het. Indien hulle dus nie werklik “Boere” is nie, maar “Afrikaners,” dan is Paul Kruger weereens ‘n “Afrikaner” aangesien sy vader ‘n Trekboer was wat eers later by die Groot Trek aangesluit het.

Vryheidstrewe en verraad

Ten opsigte van die argument dat die “Boere” ‘n vryheidstrewe het en nog nooit die volkstryd verraai het nie en dat die “Afrikaners” nie in vryheid vir ons volk belangstel nie en verder tot verraad geneigd is, die volgende: Aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog (1899 – 1902) was daar ongeveer 22 000 Bittereinders en 24 000 “hensoppers,” “joiners,” “National Scouts” en verraaiers in die ZAR en OVS – dit wil sê amper net soveel mense in die noordelike provinsies wat ons volk se vryheid ten alle koste wou handhaaf as mense wat bereid was om die Engelse oorlogspoging teen ons volk te steun. Daarbenewens het baie Kapenaars as Rebelle tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan die twee Boererepublieke se kant geveg en gesterf.

Verder, genl. Christiaan de Wet was sekerlik die grootste vryheidsvegter wat ons volk nog ooit opgelewer het, terwyl sy eie broer, genl. Piet de Wet, ‘n “National Scout” was wat teen sy eie volksgenote geveg het. Beteken dit dat Christiaan de Wet ‘n “Boer” en Piet de Wet ‘n “Afrikaner” was? Kan dit werklik so wees dat ‘n pa en ma se een seun van een volk kan wees en hul ander seun van ‘n ander volk? Dit is tog onmoontlik. Die waarheid is egter baie eenvoudig: die een was ‘n held en die ander een ‘n swakkeling en verraaier.

Dit dien ook vermeld te word dat toe sekere Afrikanerleiers in 1914 besluit het om ons volk se vryheid te herstel, het generaal Manie Maritz, wat in bevel van die militêre kamp in Upington was, met ongeveer 2000 Kapenaars teen die Unie-regering gerebelleer.

Kapenaars en Transvalers

Onthou verder dat die Gesuiwerde Nasionale Party, wat vanaf 1934 tot 1940 die vaandel van volksnasionalisme gedra het, hoofsaaklik ‘n Kaaplandse politieke party was, terwyl die Transvalers en Vrystaters hoofsaaklik die pro-Engelse Verenigde Party onder genl. Jannie Smuts gesteun het.

Daarteenoor was diegene wat ons volk se politieke mag gaandeweg ondergrawe en uiteindelik die land aan die ANC oorgegee het van die noordelike provinsies afkomstig. Beide John Vorster en F. W. de Klerk is in die Transvaal gebore en het daar gewoon, terwyl P. W. Botha in die Vrystaat gebore is.

Meerdere benamings

Dit is ook belangrik om daarop te let dat verskeie ander volkere ook meer as een naam het. So byvoorbeeld verwys die Duitsers na hulleself as “Deutsch” terwyl die Franse na hulle as “Allemande” verwys.

Bees en perderasse

Bestaan daar ‘n beesras bekend as “Afrikaners?” Ja, natuurlik. Die woord “Fries” verwys eweneens na ‘n volk sowel as ‘n sekere bees en perderas. Dieselfde geld vir “Brahmaan” of “Brahmane” wat na ‘n Indiese godheid, ‘n Indiese kas of ‘n beesras verwys. Dit is dus glad nie ongewoon dat sekere diere, soos beeste of perde, na ‘n volk of groep mense vernoem word nie.

Vraag

Indien die storie van ‘n afsonderlike Boerevolk en Afrikanervolk werklik waar is, ontstaan ‘n baie interessante vraag, naamlik: Indien ‘n man wat in Noord-Transvaal woonagtig is met ‘n dame uit die Wes-Kaap trou, is hulle kinders “Afrikaners” of “Boere?”

Slot

Daar is nie twee verskillende Blanke Afrikaanssprekende volkere in Suid-Afrika nie. Selfs al sou dit waar wees, moet ons, ons energie veel eerder daarop fokus om die verskille tussen hulle te oorkom en die ooreenkomste tussen hulle te beklemtoon ten einde eensgesindheid te bevorder. Ons as Boere of Afrikaners staan almal voor dieselfde vernietigende gevaar, naamlik dat ons voortbestaan in Afrika bedreig word. Om dié bedreiging te oorkom moet ons almal saamstaan en eenheid bevorder, selfs met die ander Blanke gemeenskappe in Suid-Afrika soos die Engelse, Duitsers, Nederlanders, Portugese en Grieke.

Bewyse vir my standpunt

President Stefanus Johannes Paulus Kruger

Kruger, Joubert en Jorissen het tydens hul besoek aan die Kaap die Afrikaanssprekende Kapenaars as volg toegespreek:

“Wij zijn toch een natie, een bloed, een been en een vleesch.”

Bron
F. A. van Jaarsveld
Die Ontwaking van die Afrikaner Nasionale Bewussyn
Johannesburg
Voortrekkerpers
1959
pagina 137

Generaal Christiaan Rudolf de Wet

Kort voor sy dood op 3 Februarie 1922 het genl. Christiaan Rudolf de Wet die volgende politieke testament opgestel:

“Ek voel my einde kom. Soos die Here wil. As ek die dag op my sterfbed lê en my verstand het, sou ek sê: Doen geregtigheid, maar bly Afrikaners. As ek tog maar my volk bymekaar kon bring – my Afrikanervolk! En almal wat in siel by ons is, al is dit ‘n Engelsman. Dan sal ons die hand om sy nek sit, nes hy ‘n gebore Afrikaner sou wees.”

Bron
H. J. May en I. Hamilton
Die Dood van Generaal De la Rey
Kaapstad
Nasionale Boekhandel Beperk
1968
pagina 136

With regard to the second issue:

Die geskiedenis van Afrikaans

Elke taal het ‘n geskiedenis en in die geval van Afrikaans ‘n geskiedenis wat deur Germaans teruggevoer kan word tot Proto-Indo-Europees. Dit beteken dat Afrikaans vanweë sy herkoms en verwantskap aan die ander Indo-Europese en Germaanse tale altyd deel van die Europese taaleenheid sal bly.

Proto-Indo-Europees

Proto-Indo-Europees is die gemeenskaplike oertaal waaruit al die Indo-Europese tale ontwikkel het. Die taal is voor 4400 v.C. in die gebied noord van die Swart See in die Oekraïne en Suid-Rusland gepraat. Vanaf ongeveer 4400 v.C. het groepe Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs vanuit hulle hartland begin beweeg na Europa en ander wêrelddele. Die gevolg was dat die oorspronklike Proto-Indo-Europese taal begin differensieer het in dialekte en later in tale.
In die proses het die volgende Indo-Europese tale tot stand gekom:

Die westelike Indo-Europese (Centum) tale:
¦ Die Keltiese tale in Sentraal- en later Wes-Europa wat as volg onderverdeel kan word:
? Die Goideliese tale, naamlik Ierse Gaelies, Skotse Gaelies en Manx.
? Die Bretoniese tale, naamlik Wallies, Cornies, Bretons en Gallies.
¦ Die Germaanse tale in Noordwes-Europa.
¦ Die Italiese tale in Suid-Europa, naamlik Oskies, Umbries en Latyn, waarvan Latyn die dominante taal geword het en waaruit weer al die volgende moderne Romaanse tale ontwikkel het: Portugees, Spaans, Katalaans, Provensaals, Frans, Italiaans, Reto-Romaans en Roemeens.
¦ Die Balkanse tale in Suidoos-Europa, naamlik Helleens (Grieks) en Thracies.
¦ Die Anatoliese tale, naamlik Hetities, Luvies, Lidies en Licies.
¦ Togaars in Sentraal-Asië.

Die oostelike Indo-Europese (Satem) tale:
¦ Die Balties-Slawiese tale in Noordoos- en Oos-Europa wat as volg onderverdeel kan word:
? Die Baltiese tale, naamlik Oud-Pruisies, Litaus en Letties.
? Die Slawiese tale, wat weer as volg onderverdeel kan word:
? Die Wes-Slawiese tale, naamlik Pools, Slowaaks en Tsjeggies.
? Die Suid-Slawiese tale, naamlik Sloweens, Serwo-Kroaties, Macedonies en Bulgaars*. (*Alhoewel die oorspronklike Bulgare Mongoloïede was wat ‘n Oeralies-Altaïese taal gepraat het, het hulle sodanig met hulle Slawiese onderdane ondertrou dat die Bulgaarse volk uiteindelik Kaukasoïed en die Bulgaarse taal uiteindelik Slawies geword het.)
? Die Oos-Slawiese tale, naamlik Russies (Groot-Russies), Belo-Russies (Wit-Russies) en Oekraïens (Klein-Russies).
¦ Illiries (die latere Albaans).
¦ Frigies (die latere Armeens).
¦ Die Indo-Irannese tale in Suidwes- en Suid-Asië wat as volg onderverdeel kan word:
? Die Indo-Ariese tale naamlik Sanskrit en Prakrit, waaruit weer al die volgende moderne Indiese tale ontwikkel het: Oerdoe, Hindi, Hindoestani, Bihari, Bengali, Mahratti, Goedjarati, Pandjabi, Pali, Rajasthani, Sindhi, Singalees en Romani (die taal van die Sigeuners).
? Die Iranese tale naamlik Avesties, Koerdies en Oud-Persies, waaruit weer die volgende moderne Iranese tale ontwikkel het: Koerdies, Persies, Afgaans, Osseties en Pahlavi.

Proto-Germaans
(* Dui op ‘n gerekonstrueerde woord.)

Ten opsigte van Afrikaans is die Germaanse groep tale van besonderse belang.
Volgens argeologiese bewyse was daar teen ongeveer 600 v.C. ‘n relatief homogene Germaanse bevolking in Suid-Skandinawië en al langs die Noordsee en die Baltiese kus vanaf Nederland tot by die Weichselrivier gevestig. Die taalvorm wat gepraat is, kan as Oer-Germaans of Proto-Germaans geïdentifiseer word. Teen 250 v.C. was Proto-Germaans nog ‘n soort eenheidstaal al was dit toe reeds dialekties geskakeerd.
Daar bestaan geen geskrifte uit die tydperk van die Germaanse taaleenheid wat ook as die "Gemeengermaanse Periode" bekend staan nie. Die oudste en enigste aanduidings is Finse en Lapse leenwoorde uit Germaans, Germaanse woorde, persoons- en plekname wat neergeskryf is deur Klassieke skrywers (Caesar, Tacitus, Plinius en andere) en omtrent ‘n honderd Runiese inskripsies wat hoofsaaklik name is wat in Skandinawië gevind is.
Hoewel geen geskrewe bron van Proto-Germaans bestaan nie en die Germaanse tale vanweë tyd en ruimte van mekaar begin verskil het, volg alle verandering tog ‘n bepaalde verloop en in die geval van fonetiese veranderings bepaalde wette. Daarom kan die taalstruktuur, klankvorm en woordbou van Proto-Germaans met behulp van die vergelykende metode van rekonstruksie bepaal word.
So byvoorbeeld kan deur ‘n vergelyking tussen die Runiese -gastir, Gotiese gasts, Oud-Noorse gestr, Oud-Engelse giest, Oud-Friese iest, Oud-Saksiese en Oud-Hoogduitse gast die Proto-Germaanse woord vir kuiergas naamlik *gastiz bepaal word. Net so lei ‘n vergelyking tussen die Runiese horna, Gotiese haurn, Oud-Noorse, Oud-Engelse, Oud-Friese, Oud-Saksiese en Oud-Hoogduitse horn tot die gerekonstrueerde Proto-Germaanse woord vir horing, naamlik *hornan.
Met die migrasie van groepe Germane uit hulle hartland in Suid-Skandinawië, Denemarke en Noord-Duitsland het die dialektiese skakerings van Proto-Germaans al hoe meer toegeneem en differensiasie in verskeie taalgroepe in die hand gewerk.
Die eerste verdelings het in Noord-, Oos- en Wes-Germaans plaasgevind. In teëstelling hiermee is ‘n huidige taalkundige mening dat die aanvanklike verdeling tussen Noordoos- (Noord- en Oos-Germaans) en Wes-Germaans was. Die mening is op die noue verwantskap tussen Noord- en Oos-Germaans gebaseer.

Noord-Germaans

Noord-Germaans is die taalgroep van die Germaanse volksgroepe wat in die Skandinawiese noorde gevestig was. Oud-Skandinawies (Oud-Noors) is tot aan die begin van die Wiking-tydperk gebesig. Gedurende die Wiking-tydperk het ‘n verdeling tussen Wes- en Oos-Noors duidelik geword. Wes-Noors het vertak in Noorweegs, Yslands en Faroëes en Oos-Noors in Sweeds en Deens.

Oos-Germaans

Oos-Germaans is baie nou verwant aan Noord-Germaans. Dit is die taalgroep van die Germaanse volksgroepe wat voor die Groot Volksverhuising in die omgewing van die Oder- en die Weichselrivier gevestig was. Die Oos-Germane bestaan uit die Oos- en Wes-Gote, Boergondiërs en Vandale. Tydens die Groot Volksverhuising het die Oos-Germaanse tale oor die grootste deel van Europa en die noordelike deel van Afrika versprei, maar na die val van die Gotiese en Vandaalse koninkryke byna weer net so vinnig verdwyn. Die oudste letterkundige oorblyfsel van Germaans is in Oos-Germaans soos dit gevind word in die Gotiese vertalings van dele van die Bybel wat deur biskop Wulfilla (Ulfilas) in die vierde eeu gedoen is.

Wes-Germaans

Wes-Germaans, waaruit Afrikaans ook afkomstig is, is die Germaanse taalgroep wat die grootste invloed uitgeoefen het. Dit is egter nie so maklik om soos in die geval van die Noord- en Oos-Germaanse tale, ‘n duidelike en sistematiese uiteensetting van die Wes-Germaanse tale te gee nie aangesien hulle baie nou verwant is en mekaar oor en weer beïnvloed het.
Die Wes-Germane kan teen ongeveer 250 v.C. in die Noordsee-, Weser-Ryn- en Elbe-Germane onderverdeel word. Die groot Romeinse geskiedskrywer Tacitus identifiseer hulle as die Ingvaeone, Istvaeone en Herminone. Die Noordsee-Germane is die Angele, Friese en Saksers. Die Weser-Ryn- en Elbe-Germane word weer saamgegroepeer as die Binne-Germane en is die Franke, Thuringiërs, Alemanne, Marcomanni en Quadi (latere Beiere) en Longobarde.
Noordsee-Germaans staan ook as "Laer-Wes-Germaans" bekend terwyl die Binne-Germaanse tale, oftewel Duits in die breër sin, ook as "Hoër-Wes-Germaans" bekend staan. Die onderskeid word gewoonlik getref na aanleiding van die verskillende hoogtes bo seespieël, bewegende van noord na suid. ‘n Verdere basis van onderskeid is die sogenaamde Germaanse klankverskuiwing, byvoorbeeld: Laer-Wes-Germaans "t" en Hoër-Wes-Germaans "z" (Engels ten, Duits zehn). Somtyds word ook nog Middel-Wes-Germaans onderskei, maar dié is in werklikheid deel van die Hoër-Wes-Germaanse tale.

Noordsee-Germaans

Van die Noordsee- of Laer-Wes-Germaanse tale het Saksies die grootste rol gespeel. Die belangrikste geskrif in Saksies is die Héland (Heiland), ‘n gedig van ongeveer 6 000 reëls wat rondom 830 geskryf is. Saksies is tussen die Ryn- en die Elberivier, die Noordsee en die Harzberge gepraat.
‘n Deel van die Sakserse bevolking het saam met die Angele Engeland binnegeval en verower waar Angel-Saksies (Oud-Engels) as taal en uiteindelik moderne Engels ontwikkel het. Vanweë kolonisasie het Engels ook na buite Engeland versprei, hoofsaaklik na die Verenigde State van Amerika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.
Die Saksers wat nie na Engeland migreer het nie en wat op die Europese vasteland agtergebly het, het die Oud-Saksiese taal gepraat wat mettertyd in Nederduits oorgegaan het. Hieruit het die moderne Noord- of Platduitse tale en dialekte ontwikkel wat vandag in die laagliggende dele van Noord-Duitsland gebesig word. Daar is gevolglik ‘n nouer verwantskap tussen Platduits en die ander Laer-Wes-Germaanse tale as tussen Plat- en Hoogduits, byvoorbeeld: Engels door, Platduits Door, Hoogduits Tur. Vergelyk ook: eat, eten, essen.
Saksies het ook met Oud-Laer-Frankies oftewel Wes-Neder-Frankies en Fries saamgesmelt om Nederlands te vorm. Uit sewentiende eeuse Nederlands sou beide moderne Nederlands (Algemeen Beskaafde Nederlands) en Afrikaans ontwikkel. Die Nederlandse taal soos wat dit vandag in België gepraat word, staan as "Vlaams" bekend.
Die tweede belangrike Noordsee-Germaanse taal was Oud-Fries, wat tussen die Schelde- en die Weserrivier gepraat is. Dit het so nou verwant aan Angel-Saksies geword dat die twee soms as ‘n afsonderlike subgroep, bekend as "Angel-Fries," onder Noordsee-Germaans geklassifiseer word. Die ooreenkoms wat tussen Oud-Fries en die Jutiese dialek Kenties bestaan, dui op ‘n baie nou verwantskap tussen die Jute en Friese en heel waarskynlik ‘n Jutiese verblyf in Friese gebied net voor die inval in Engeland. Vanuit Oud-Fries het moderne Fries ontwikkel wat vandag in die noordelike gedeelte van Nederland gepraat word.

Binne-Germaans

Binne-Germaans, Duits in die breër sin oftewel die Hoër-Wes-Germaanse tale verwys na min of meer dieselfde tale en behels die volgende taalgroepe:

¦ Frankies.
¦ Hessies en Thuringies.
¦ Alemaans, Beiers en Longobardies.

Van dié Binne-Germaanse tale het Frankies die grootste rol gespeel.
Frankies het uit drie vorme bestaan, naamlik Laer-, Middel- en Opper-Frankies, die onderskeiding word gebaseer op die mate waardeur die taalvorm deur die Germaanse klankverskuiwing beïnvloed is.
Laer-Frankies oftewel Wes-Neder-Frankies het met Fries en Saksies saamgesmelt om Nederlands te vorm. Soos reeds genoem het uit sewentiende eeuse Nederlands beide moderne Nederlands (Algemeen Beskaafde Nederlands), Vlaams en Afrikaans ontwikkel.
Middel- en Opper-Frankies oftewel Oos-Neder-Frankies het met Hessies en Thuringies saamgesmelt om Middelduits te vorm. Middelduits het die basis van die klassieke Duitse letterkundige taal geword. Alemaans en Beiers, saam met Longobardies (wat teen omtrent 1000 uitgesterf het) het Opperduits in die enger sin van die woord gevorm. By Opperduits het die Germaanse klankverskuiwing tot sy volle uitwerking gekom. Middelduits verteenwoordig ‘n stadium tussen Noordsee-Germaans en Opperduits. Vergelyk byvoorbeeld: Noordsee-Germaans (Engels) bear, Middelduits (Oud-Frankies) beran, Opperduits (Oud-Alemaans) peran. Vergelyk ook: guest, gast, kast. Die vroegste geskrifte in Opperduits is die agtste eeuse glosse terwyl die literatuur eers vanaf die negende eeu werklik begin ontwikkel het.
Middel- en Opperduits staan gesamentlik bekend as "Hoogduits." Die taal word vandag in die hoogliggende dele van Middel- en Suid-Duitsland, Oostenryk, Elsas in Oos-Frankryk, Tirool in Noord-Italië, Oos-België, Luxemburg en Lichtenstein gepraat.

Afrikaans se eenheid met Europese tale

Vanweë die rol wat die ou Germaanse tale soos Saksies en Frankies in die totstandkoming van byna al die Wes-Germaanse tale gespeel het, is daar dus ‘n besondere nou verwantskap tussen Engels, Fries, Noordduits, Vlaams, Nederlands, Hoogduits en ook Afrikaans.
Die verwantskap word bevestig deur opvallende ooreenkomste tussen die genoemde tale. Die groot aantal woorde met dieselfde spelling en betekenis is opmerklik. Vergelyk die volgende woorde: Afrikaans hand, Engels hand, Duits Hand. Vergelyk verder: ring, ring, Ring. Daar is ook ‘n groot aantal ooreenstemmende woorde: Afrikaans vader, Engels father, Duits Vater. Vergelyk ook: moeder, mother, Mutter.
Dit is dus voor die hand liggend dat Afrikaans ‘n baie lang voorgeskiedenis het met wortels wat net so ver terug in die geskiedenis reik en op dieselfde oorsprong dui as al die ander Indo-Europese en Germaanse tale. Die benaming Afrikaans dui net daarop dat hierdie besonderse Germaanse taalvorm, weg van Nederland (Europa) op Suid-Afrikaanse bodem ontwikkel is. Vanweë sy herkoms en verwantskap aan die ander Indo-Europese en Germaanse tale is en sal Afrikaans dus altyd deel van die Europese taalgemeenskap bly.

With regard to the third issue:

Is die Blanke volkere van die wêreld die nasate van verlore Israeliete

Die universaliteit van die Christendom

Die Blankes van Suid-Afrika het ? probleem. Hulle wil hulle Christenskap behou en bevorder, maar die universele aard van die Christendom bedreig hulle partikuliere Blanke identiteit.

Die Christendom is ? religie vir alle mense, alle mense word as gelyk beskou, almal is deur dieselfde God geskape, almal kan gered word as hulle Jesus as verlosser aanvaar, alle geredde mense gaan na dieselfde hemel. Omdat ons religie op die gelykheidsdogma gebaseer is, bestaan daar gevolglik geen rede hoekom ons politieke orde nie ook op gelykheid gebaseer kan wees nie, hoekom Blank en Nie-Blank nie almal aan dieselfde politieke proses kan deelneem nie, hoekom Blank en Nie-Blank nie maar kan ondertrou nie.

Tog wil die meerderheid Christelike Blankes in Suid-Afrika graag hulle Blanke identiteit behou. Hulle glo nie dat Nie-Blankes intellektueel op dieselfde vlak as hulle is nie; hulle wil nie saam met Nie-Blankes in dieselfde staat met sy verval, armoede en misdaad bly nie; hulle wil nie aan dieselfde politieke proses deelneem waar hulle saam met analfabete kruisies op papiertjies trek nie; hulle wil nie op dieselfde lewenspeil as Nie-Blankes funksioneer nie, hulle wil nie hê dat hulle kinders met Nie-Blankes ondertrou nie.

Om die probleem te oorkom, hang baie mense deesdae die Israel geloof aan. Die leerstellings van die Christendom word behou, maar dit word nou partikulier gemaak. God is nou nie meer die God van alle mense nie, hy is net die God van die Blankes. God het nie meer alle mense geskape nie, Hy het net die Blankes geskape. Die boodskap van die Christendom is nie meer vir alle mense en volkere nie, dit is net vir die nasate van die ou Israeliete bedoel en die nasate van die ou Israeliete word nou geïdentifiseer as die Blanke volkere van die wêreld.

Basis van die Israel geloof

Volgens die Israel geloof het die Israeliete Egipte in ongeveer 1200 v.C. verlaat. Na hulle in Palestina aangekom het, het hulle die koninkryk van Israel tot stand gebring waarvan Saul, Dawid en Salomo agtereenvolgens koning was. Na die dood van Salomo het die koninkryk van Israel in 922 v.C. in twee verdeel.

Die noordelike deel oftewel “Israel” het uit tien stamme bestaan. Die suidelike deel oftewel “Juda” het uit twee stamme bestaan, naamlik Juda en Benjamin. Uiteindelik is die noordelike deel (oftewel Israel) in 721 v.C. deur Assirië verower. Die suidelike deel (oftewel Juda) is in 586 v.C. deur Babilonië verower. Sommige Judeërs van die suidelike deel het in 536 v.C. na Juda teruggekeer. Na bewering het niemand van die noordelike deel teruggekeer nie, vandaar die oortuiging dat daardie tien stamme “verlore” geraak het.

In terme van die Israel geloof het die tien stamme egter nie werklik “verlore” geraak nie, nee – hulle het na Europa getrek waar hulle die voorouers van die Europeërs geword het.

Valsheid van die Israel geloof

Daar bestaan egter eenvoudige verklarings oor wat met die tien “verlore” stamme gebeur het.

Een moontlikheid is dat hulle deur die Assiriërs geassimileer is.

? Tweede moontlikheid is dat alhoewel hulle staat vernietig is, is daar in werklikheid baie min van hulle weggevoer. Hulle het dus voortgeleef in die noorde. Van hulle het uiteindelik met die Samaritane vermeng, terwyl ander weer na die suidelike koninkryk migreer het (sien in die verband 1 en 2 Kronieke). Die feit dat hulle nooit “verlore” was nie, blyk dan ook daaruit dat hulle tydens die Nuwe Testament tydperk nog steeds bestaan het (sien in die verband Lukas).

Om nou te wil kom beweer dat die “verlore” Israeliete die voorouers van die Angel-Saksers en die ander Blanke volkere van die wêreld is, is doodeenvoudig onwaar om die volgende redes:

  • die Europeërs is van die Nordiese, Alpynse en Mediterreense subrasse van die Kaukasiese ras, die ou Israeliete is van die Oriëntaliede subras van die Kaukasiese ras – dus kon die Israeliete nie die Europeërs se voorouers gewees het nie, want hulle verskil in voorkoms van die Europeërs,

  • die Europeërs se tale is van die Indo-Europese taalfamilie, die ou Israeliete se taal is van die Semitiese taalfamilie – dus kon die Israeliete nie die Europeërs se voorouers gewees het nie, want hulle taal verskil radikaal van die taal van die Europeërs,

  • die Europeërs se religie was politeïsties en monisties, die ou Israeliete se religie was monoteïsties en dualisties – dus kon die Israeliete nie die Europeërs se voorouers gewees het nie, want hulle religie verskil radikaal van die religie van die oorspronklike Europeërs,

  • die Europeërs het monogame huwelike gehad, die ou Israeliete het poligame huwelike gehad – dus kon die Israeliete nie die Europeërs se voorouers gewees het nie, want hulle huweliksvorm verskil radikaal van die huweliksvorm van die Europeërs,

  • die onderskeie Europese ras-, taal- en kultuuridentiteite was teen 2500 v.C. reeds baie goed in Europa gevestig, die Israeliete het eers teen 721 v.C. “verlore” geraak – dus ? totale onmoontlikheid dat die “verlore” Israeliete ongeveer 1800 jaar kon terugspring in tyd om die Europeërs se voorouers te word,

  • dan is daar natuurlik nog die verdere probleem om die Engelse en Duitsers te identifiseer as die nasate van bepaalde stamme Israeliete en die Amerikaners te identifiseer as die nasate van ? ander stam Israeliete, terwyl dit algemene kennis is dat die Amerikaners hoofsaaklik van die Engelse en Duitsers afstam. Selfs die idee dat die Duitsers en Engelse die nasate van verskillende stamme Israeliete is, kan nie waar wees nie, omdat die Engelse (oftewel Angel-Saksers) hoofsaaklik uit die Noord-Duitsers (Saksers) stam.

Die Israel geloof berus op verwronge etimologie

Daar is geen argeologiese, antropologiese of geskiedkundige bewyse vir die Israel geloof nie. Die hele geloof is gebaseer op verwronge etimologie, byvoorbeeld:

  • Daar word beweer dat die stam van Dan se nasate in Denemarke woon, bloot op grond van die oënskynlike ooreenkoms tussen die woorde “Dan” en “Denemarke,”

  • Daar word beweer dat Isak se seuns die Saksers is bloot omdat die woorde “Isac’s sons” in Engels klink soos “Saxons,”

  • Daar word beweer dat die name van die Don- en Donaurivier afkomstig is van die naam van die persoon Dan, bloot op grond van die oënskynlike ooreenkoms tussen die woorde “Don,” “Donau” en “Dan.”

Gevolgtrekking

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die oortuiging dat die Blanke volkere van die wêreld die nasate van die tien “verlore” stamme is, dus nie korrek kan wees nie.

Groete
Mike



Jan‘s Advertisement
VIDEO: BIG RUSSIAN LIES: How many Russians have died in the Ukraine war?
Putin and the Russian Government tell insane lies about how many Russian troops have died. In this comprehensive article and this short BBC video you will see the best estimates I can give based on all the data I have seen about how many Russian and Ukrainian Troops have actually been KILLED up to 16th June 2023.

%d bloggers like this:
Skip to toolbar