Hoop vervaag om boer lewend te kry: ontvoer en vermoedelik dood


Jan‘s Advertisement
Video & Audio: Loving Life: Jans personal discussions with President PW Botha
In 2006 as a result of my book, Government by Deception and my website AfricanCrisis, I made contact with former President PW Botha. He was very nice to me and he began phoning me. I published articles of things he told me about. He was so impressed with my accuracy when I wrote on my website what he told me, that he later invited me to stay at his house for 5 days. In this interview, I discuss some of the things that PW Botha and I discussed, and what he told me.


Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Deon Nel van Wolmaransstad se verdwyning gryp lesers se verbeelding die laaste twee weke aan.

Die vraag op almal se lippe is wat het van die 30 jaar oue boer geword en hoe kan hy net spoorloos verdwyn? Klerksdorp Rekord het vandeesweek gehoor die soektog na hom fokus tans op ‘n ongebruikte ventilasieskag buite Stilfontein op die Vermaasdrifpad wat 1.8 km diep is.

Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, volg die polisie alle leidrade op en dit het hulle na die skag gelei.

Spesialisspanne van die polisie en myn protospanne het ‘n ent in die skag afgegaan om hom te soek nadat die polisie inligting ontvang het dat sy liggaam daar in gegooi is. “Ons het nie ‘n liggaam gevind nie. So op die stadium kan ons nie sê dat Nel dood is nie. Daar is egter bloed op die toneel gevind. Monsters is geneem en sal deur middel van DNS-toetsing bepaal of dit aan Nel behoort.

“Sy familie word deurentyd op hoogte van die ondersoek gehou,” het sy gesê.

‘n Woordvoerder van The Pink Ladies, ‘n groep wat ‘n databasis bedryf vir vermiste persone, het aan Klerksdorp Rekord gesê hulle vermoed Nel is dood.

“Dit is so hartseer. Ons kry die laaste tyd verskeie gevalle van mans wat ontvoer word en so tot hul einde kom. Dit is verskriklik,” het Jacqui Thomas gesê.

Nel, of Stompie soos hy bekendgestaan het, het Woensdag 5 Julie by ‘n kroeg op Wolmaransstad gekuier en toe hy daar weg is, is hy nog nie weer gesien het. ‘n Privaatspeurder help soek na hom en die beloning van R100 000 staan nog vir inligting wat ondersoekers na die 30-jarige boer kan lei. Kontak Johan Coetzee oftewel Boontjies by 083 585 4504 met inligting.

‘n Man en vrou wat in hegtenis geneem is by ‘n huis in Randlespark met van Nel besittings, asook bloedbevlekte klere wat glo aan hom behoort het, het Maandag 17 Julie weer in die landdroshof verskyn. Hulle het besluit om nie aansoek te doen om borgtog nie. Die saak is uitgestel tot 29 Augustus. Hul identiteite word steeds weerhou. Nel se bakkie is in Lesotho opgespoor.

Source: https://www.northwestnewspapers.co.za/klerksdorprecord/news/news-local/8-home/latest-news/9621-hoop-vervaag-om-boer-lewend-te-kry?fbclid=IwAR1FfwWvOI5AqUDAm2HOhfGFyauknwoKytwaHe6XtWh1z9Vjyf3zqtNEit4



Jan‘s Advertisement
S.Africa: Black man tries to have sex with dead cat
Sterkfontein is a mental hospital. But it is full. They wanted to put this 18 Year old Black in there ...

%d bloggers like this:
Skip to toolbar