Boeregeskiedenis: 25 Oktober 1854: Die beleg van Makapansgrot
(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)
25 Oktober 1854: Die beleg van Makapansgrot
In Oktober 1854 is ‘n Boerejaggeselskap, bestaande uit 23 mans, vrouens en kinders wreed deur die mense van Makapan (soms ook gespel as Magopane, Mokopane of Makapaan) en Mapela, opperhoofde van klein inboorlingstamme in die gebied Waterberg in die distrik Soutpansberg, naby die huidige Makananspoort, vermoor. Die lyke van die vermoordes is gruwelik vermink, en die leier van die geselskap, Hermanus Potgieter, broer van die Voortrekkerleier AH Potgieter, is lewend afgeslag. Na aanleiding van hierdie wrede dade het kmdt.-genl. Piet Potgieter, seun van AH Potgieter, saam met MW Pretorius kommandant-generaal van Potchefstroom, ‘n strafekspedisie teen Makapan georganiseer. Pretorius het hom op 24 Oktober by Potgieter aangesluit, en met ‘n gesamentlike mag van ongeveer 535 man het hulle teen Makapanuitgetrek. Makapan het voor die Boere uitgevlug en hom met sy volgelinge in die huidige Makapansgrot, ongeveer 23 km van Potgietersrus, verskans. Die grot is ongeveer 200m lank, 150 m breed en plek-plek tot 20m hoog. Dit sou gevaarlik gewees het om die grot stormenderhand te probeer verower, aangesien dit daarbinne baie donker was en die vyand hulle boonop bestook het met gewere wat hulle van die Engelse smouse geruil het. In die lig hiervan het die Boere op hierdie dag begin om die grot te verseël en te beleër, om sodoende die vyand deur uithongering tot oorgawe te dwing. Op 6 November 1854 het Piet Potgieter hom in ‘n oomblik van onbehoedsaamheid voor die bek van die grot gewaag en is hy noodlottig getref deur ‘n vyandelike koeël. Onder hewige vyandelike vuur het veldkornet Paul Kruger, later President van die ZAR, onder dekkingsvuur van sy makkers, ‘n heldedaad verrig deur die lyk van Potgieter uit die bek van die grot te red. Na ‘n beleg van 25 dae het ‘n klein groepie Boere die grot binnegedring en die verhongerde vyand sonder veel teenstand oorrompel. Ongeveer 900 inboorlinge is gedurende die beleg voor die grot doodgeskiet, terwyl meer as twee keer soveel daarbinne van honger en dors omgekom het, sodat Makapan se stam byna totaal uitgewis is. Minder sukses is aanvanklik teen Mapela behaal, wat hom met oormoedigheid al meer moeilikheid laat veroorsaak het, totdat in 1858 ‘n strafkommando ook teen hom op die been gebring is, waarin Paul Kruger eweneens ‘n belangrike rol gespeel het. Mapela se mag is finaal deur hierdie strafkommando gebreek.
White Shop: The South Will Rise Again flag
All flags are a polyester blend material and are 35 (3 feet by 5 feet) in size and have strong metal grommets.
Video: Blacks and Jews sing about Killing Whites
This is a short video I found and posted a long time back. The white man in the green shirt standing next to Nelson Mandela is the Communist Jew Ronnie Kasrils. I actually spoke to him in the very early 1990s.
S.Africa: Elon Musks 76-year-old dad says hes had another child with his 35-year-old
Elon Musk‘s father says that the only reason we are here on earth is to reproduce. He recently had another child with a 35 year old woman.