Vermorsing van Covid-19-toerusting en opeenhoping van Covid-19-gekontamineerde mediese afval skok

(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)   

Die VF Plus het vandag met ‘n oorsigbesoek aan die Kopanong-hospitaal in Vereeniging afgekom op skokkende bewyse van die vermorsing van lewensnoodsaaklike Covid-19-toerusting wat waarskynlik honderde miljoene rand beloop.

Die parlement se portefeuljekomitee vir gesondheid doen tans oorsigbesoek by alle hospitale regdeur die land.

Ewe ontstellend was groot hoeveelhede onverwyderde mediese afval wat glo met die Covid-19-virus gekontamineer is wat by die hospitaal staan en ophoop aangesien die kontrakteur wat die verwydering doen, glo nie betaal word nie en aan wie sowat R16 miljoen verskuldig is.

Geboue wat opgerig moes word vir die behandeling van Covid-19-pasiënte staan half-gebou en verlate met geen teken dat daar nog enige werk gedoen word nie.

Al die foto’s by hierdie verklaring oor bogenoemde, is vanmiddag deur die VF Plus self geneem.

Personeel het aan die VF Plus gesê die groot hoeveelhede nuwe toerusting en beskermende toerusting is verlede jaar reeds ontvang om gereed te maak vir die eerste vlaag Covid-19. Dit lê ongebruik en verlate in ‘n groot saal by die hospitaal terwyl Suid-Afrika nou reeds sy derde golf van Covid-19 binnegaan.

Dit is bekend dat gesondheidspersoneel gebuk gegaan het onder groot tekorte van veral beskermende toerusting en dat baie in alle waarskynlikheid hul lewe ingeboet het weens ‘n tekort aan dié toerusting.

Baie Suid-Afrikaners wat gered kon word, het waarskynlik ook gesterf vanweë ‘n tekort aan toerusting wat hier bloot in groot hoeveelhede opgehoop en totaal vermors staan.

Oor die lewensbedreigende mediese afval wat oop en bloot staan en ophoop, is op navraag aan die VF Plus gesê die situasie is dieselfde by baie provinsiale hospitale in Gauteng.

Daar is geen twyfel nie dat die situasie ‘n ernstige gesondheidskrisis skep en indien dit wel dieselfde is by ander hospitale, moet daar onmiddellik opgetree word om alternatiewe maatreëls te tref om die afval te laat verwyder.

Die Gautengse departement van gesondheid sal antwoorde moet verskaf oor die ongebruikte toerusting en die nie-betaling van die kontrakteurs om die mediese afval te verwyder.

VF Plus hou ook die nasionale departement van gesondheid verantwoordelik hiervoor aangesien die nasionale departement veronderstel is om ook ‘n oorsig rol oor die nege provinsies uit te voer.

Die VF Plus gaan nou met die grootste erns druk op die regering uitoefen om op te tree teen hierdie soort vermorsing van belastingbetalersgeld, die lewens wat daardeur in gevaar gestel word en teen die wanbestuur en wanadministrasie by alle staatshospitale.

Wat by Kopanong gebeur, is ‘n skokkende vergryp en skending van menseregte. Dit is lewensgevaarlik vir almal by die hospitaal en die VF Plus sal werk daarvan maak of vas te stel wat die situasie by ander hospitale is.

Die aangeleentheid moet deeglik ondersoek word en mense wat hulle aan ernstige wangedrag skuldig gemaak het moet vervolg word en selfs tronk toe gaan. Daar kan nie langer toegelaat word dat mense wat vir sulke vergrype verantwoordelik is, skotvry daarvan afkom nie.

Source: https://www.vfplus.org.za/media-releases/vermorsing-van-covid-19-toerusting-en-opeenhoping-van-covid-19-gekontamineerde-mediese-afval-skok



Jan‘s Advertisement
VERY IMPORTANT: THE REAL REASON WHY HITLER LOVES ARYANS AND HATES JEWS
Hitler never acted on EMOTION. All of Hitler‘s thoughts were LOGICAL based on SCIENCE and HISTORY. Here‘s the REAL REASON Hitler detested Jews.


Jan‘s Advertisement
Video: Top Communist Jew: Ronnie Kasrils: The reason why Jews HATED Apartheid like NAZIs
In this video we listen to a longer piece where Kasrils explains the 2 major reasons why he decided to fight against Apartheid.


Jan‘s Advertisement
White Shop: Solitaire (one player) Board Game: RECONQUISTA: The Struggle for Moorish Spain
Winner of the wargame category in the 2014 solitaire print and play contest. The game is a solitaire area-movement wargame, simulating the Reconquest of the Iberian peninsular by the Christian kingdoms from the 8th to 15th centuries.